Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Volksblad in die afgelope week

Volksblad se senior redaksie het weer ’n keur van die week se nuus saamgestel. Geniet dit!

1. Senekal-drama

Dit wil voorkom asof die skokkende moord op Brendin Horner (22) van Paul Roux die woede oor plaasmoorde in die land tot kookpunt gebring het. Dit was Dinsdag duidelik by die landdroshof in Senekal waar die twee verdagtes verskyn het. Die hofgebou is bestorm en geplunder terwyl ’n polisievangwa ook aan die brand gesteek is. ’n Boer het Vrydag na aanleiding van dié voorvalle in die hof verskyn.


2. Kinder-terreur

Boere ly miljoene rande se skade weens gewelddadige betogings buite Hoopstad waarin kinders van tussen 10 en 15 jaar oud vragmotors tot stilstand dwing, dit plunder en selfs aan die brand steek.


3. Pofadder-moord

Die moord op Leon Brits (40), gesiene sakeman en eienaar van die bekende Pofadder Hotel wat Woensdagoggend met messteke in die swembad by sy huis op die dorp gevind is, het skokgolwe deur die land gestuur.

’n Polisiebeampte kyk toe hoe ’n polisievangwa brand nadat boere die voertuig buite die landdroshof in Senekal aan die brand gesteek het. Boere het die landdroskantoor storm geloop waar die twee moordenaars van Brendin Horner (22) verskyn het. Foto: Mlungisi Louw


4. Saru gelooi

Tommy Bedford, oudkaptein van die Springbokke, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) behoorlik geroskam oor sy besluit om die Cheetahs uit die Pro16-toernooi te skop.


5. Kitsmiljoenêr

’n Bloemfonteiner van in sy 60’s wat verlede Dinsdag R121 miljoen met ’n PowerBall-kaartjie gewen het, se vrou het gedink hy maak ’n grap toe hy die nuus met haar deel.


6. Kry weer trekpas

Al die gekose lede van die beheerliggaam van die spogskool Grey-kollege in Bloemfontein is vir die derde keer vanjaar in afdankingsbriewe van adv. Tsoarelo Malakoane, onderwyshoof van die Vrystaat, die trekpas gegee.


7. Vuil webplasing

’n Vermeende sigaretsmokkelaar is Dinsdagmiddag op aanklagte van crimen injuria en intimidasie in die streekhof in Bloemfontein skuldig bevind. Nardus Bezuidenhout (28) het Jeanette Jonker (26) se waardigheid op ’n afspraak-webtuiste geskend.


8. Voetfout met BMW

Die bestuurder van ’n BMW wat vroeër sy luierende motor net so gelos het nadat hy deur ’n muur van ’n kruidenierswinkel in Heuwelsig, Bloemfontein, geploeg het, het glo “per abuis” die versneller getrap, sê die polisie.


9. Hollywood-jaagtog

Die polisie het ’n vermeende dwelmhandelaar van Welkom in ’n wilde jaagtog so reg uit ’n Amerikaanse rolprent aangekeer nadat sy voertuig van die pad gedruk is.


10. Asbesdak-gekonkel

Die sewe beskuldigdes in die Vrystaatse asbesdaktel-saak het nie net topposte beklee, peperduur vuurwaens soos Porsches en Bentleys besit en in paleise gewoon nie, maar sommige beskik ook oor hoë kwalifikasies.


11. Woede oor plaasmoorde

Cheréne Pienaar en Mlungisi Louw vertel meer oor die drama Dinsdag in Senekal wat die wêreld laat kennis neem het van plaasmoorde en boere se woede daaroor.


12. Diep spore

Alida Vorster, adjunkhoof van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, tree einde vanjaar ná 42 jaar in

die onderwys af. Marietjie Gericke gesels met dié oudburgemeestersvrou van die Rosestad wat deur kollegas as ’n staatmaker beskryf word.


Kyk weer hier na Volksblad se digitale voorblaaie in die afgelope week. Klik op die datum by die voorblad om die hele digitale koerant te lees.

1. Maandag 5 Oktober

Maandag 5 Oktober 2020. Foto:


2. Dinsdag 6 Oktober

Dinsdag 6 Oktober 2020. Foto:


3. Woensdag 7 Oktober

Woensdag 7 Oktober 2020. Foto:


4. Donderdag 8 Oktober

Donderdag 8 Oktober 2020. Foto:


5. Vrydag 9 Oktober

Vrydag 9 Oktober 2020. Foto:


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.