Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Volksblad in die afgelope week

Volksblad se senior redaksie het weer ’n keur van die week se nuus saamgestel. Geniet dit!

1. Alle oë op Senekal

Spanning heers op die vooraand van die tweede hofverskyning van die twee vermeende moordenaars van Bredin Horner van Paul Roux. Kerke, organisasies en leiers pleit om kalmte, vrede en ordelike protesoptrede Vrydag in Senekal

2. Cele besoek Senekal

Bheki Cele, minister van polisie, besoek die vermoorde Brendin Horner se familie in die Oos-Vrystaat. Hy beloof optrede teen misdaad op plase nadat boere sê niks word aan hul klagtes gedoen nie.

Die EFF Vrydag in Senekal. Foto: Mlungisi Louw

3. Steeds agter tralies

Uitspraak word voorbehou in die borgtog-appèl van André Pienaar (51) wat glo ’n groep mense aangehits het om die landdroskantoor in Senekal te bestorm. Hy bly die naweek eers steeds agter tralies.

4. 12 jaar tronk toe

Die rou is nog te vlak en die seer is nog te diep vir Anneke Rossouw om haar vermoorde ma, Anna Herbst (66), wat in Bloemfontein bekend was as die “pannekoektannie” se aanvallers te vergewe.

5. VS-premier, nog hoë’s toets positief

Die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, Montseng Tsiu, die Vrystaatse LUR vir gesondheid, en die direkteurgeneraal (DG) van die Vrystaat, Kopung Ralikontsane, is almal positief vir Covid-19 getoets.

6. Aanval op boer skok

’n Video waarop gesien kan word hoe ’n groep mans ’n boer van Daniëlskuil Saterdagoggend in Kuruman aanval en van sy besittings beroof, lok heftige reaksie uit.

7. ‘Inhegtenisnemings kom’

Die polisie sê verdagtes kan binnekort in hegtenis geneem word weens moord op Leon Brits (41), hotelier en deeltydse boer van Pofadder in die Noord-Kaap.

8. ‘Mangaung-kaping’

Die Mangaung-metromunisispaliteit is net ’n leë dop wat sedert Ace Magashule se bewind as Vrystaatse premier leeg geplunder is. Mangaung het ook ‘n Zondo-kommissie nodig, sê opposisie-raadslede.

9. Hoopstad brand

Munisipale voertuie, ‘n gemeenskapsaal en vragmotor word aan die brand gesteek in die voortslepende onluste by Hoopstad.

10. Sammajoor Slab tree af

“Sammajoor Slab”, die gewilde ao.1 Rufus Slabbert van 1 Spesiale Diensbataljon in Tempe, Bloemfontein, het ná ’n kleurryke loopbaan in die weermag uitgetree. Charles Smith sy afskeid bygewoon en met hom gesels.

Kyk weer hier na Volksblad se digitale voorblaaie in die afgelope week. Klik op die datum by die voorblad om die hele digitale koerant te lees.

1. Maandag 12 Oktober

Maandag 12 Oktober. Foto:

2. Dinsdag 13 Oktober

Dinsdag 13 Oktober. Foto:

3. Woensdag 14 Oktober

Woensdag 14 Oktober. Foto:

4. Donderdag 15 Oktober

Donderdag 15 Oktober. Foto:

5. Vrydag 16 Oktober

Vrydag 16 Oktober. Foto:


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.