Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Naweek
Volksblad in die afgelope week

Kyk weer na Volksblad se digitale voorblaaie van die week en lees ’n keur van ons joernaliste se berigte oor die week se nuusgebeure in die Vrystaat en die Noord-Kaap.

1. Boesmanlandse ouma vermoor

Skok en hartseer heers in Upington nadat die 80-jarige Hannetjie Kruger in haar huis in die dorp vermoor is.

2. Aangeval, mishandel en verkrag

Vir vyf jaar lank het die Harrismithse beesboer Alison Oates (63) vir geregtigheid gewag nadat sy wreed in haar plaashuis aangeval, mishandel en verkrag is. Vandeesweek is een van haar aanvallers uiteindelik lewenslank tronk toe gestuur.

3. Vra nié borg

Boere en beswaardes betoog by die hof in Hennenman, ná die plaasaanval waarin Pieter Hills (56) en sy seun, Eddie (26) vermoor is. Die twee vermeend moordenaars laat vaar hul aansoek om borgtog in die landdroshof.

Boere en beswaardes by die kruis met Pieter Hills en sy seun Eddie, wat verlede week aan sy wonde beswyk het. Foto: Mlungisi Louw

4. Raak verloof

Hoe vra jy die vrou van jou drome om te trou? As jy ’n ywerige valskermspringer is, doen jy dit met ’n tandemsprong en met die groot vraag in enorme letters onder op die grond uitgepak.

5. Leerling sterf

’n Familie en die personeel en leerlinge van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein rou. WD Grobler sterf op sy 16de verjaardag, kort nadat hy met sy motorfiets op pad skool toe in ’n ernstige botsing beseer is.

6. Rugby in die Rosestad

Ondersteuners hou saam met Vrystaat-rugby duim vas vir twee rugbytoetswedstryde volgende jaar in die Rosestad.

7. DA-partyvoorsitter

Die DA in die Vrystaat verkies sy nuwe leiers, en dr. Roy Jankielsohn is die nuwe partyvoorsitter in die provinsie.

8. SUT beskuldigings vlieg

Raadslede van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) beskuldig die geskorste rektor en adjunkvisekanselier van magsmisbruik.

9. Eerste reünie sedert 1962

In ons kontrei: Oudleerlinge van die geskiedkundige Eensgevonden-skooltjie naby Theunissen hou ’n heel eerste reünie sedert die skool se sluiting in 1962.

10. Hennenman rou

Cheréne Pienaar, joernalis, en Mlungisi Louw, fotograaf, besoek Hennenman ná die moord op Pieter en Eddie Hills en vertel van die gemeenskap se rou.


Kyk weer hier na Volksblad se digitale voorblaaie in die afgelope week. Klik op die datum by die voorblad om die hele digitale koerant te lees.

1. Maandag 16 November 2020

Maandag 16 November 2020

2. Dinsdag 17 November 2020

Dinsdag 17 November 2020


3. Woensdag 18 November 2020

Woensdag 18 November 2020


4. Donderdag 19 November 2020

Donderdag 19 November 2020


5. Vrydag 20 November 2020

Vrydag 20 November 2020



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.