Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Gesinshuis hier opgeveil

Omniland Afslaers gaan eersdaags ’n lieflike vyfslaapkamerhuis in ’n rustige veiligheidskompleks van die hand sit. Daar is heelwat veranderinge aan die dubbelverdiepingwoning aangebring wat in Dainfern Valley, Johannesburg, geleë is. Van die veranderinge sluit in ’n geteëlde ingang wat lei tot die songevulde oopplan-sitkamer en -eetkamer. Die oopplan-TV-sitkamer het ’n elektriese kaggel vir daardie kouer dae en aluminiumdeure wat lei na ’n onderdak-patio met ’n ingeboude braai wat uitkyk oor die swembad en ’n welige tuin met grasperk, struike en bome.

Die semi-oopplan-fynproewerskombuis met houtkaste, granietblaaie, vlekvrye staalbak, ’n vierplaatstoof met suigwaaier en ’n Defy Gemini Cordon Bleu-oond is geskik vir ’n gekwalifiseerde sjef.

Die huis het ’n onderdak-patio met ’n ingeboude braai wat ideaal is om gaste te onthaal vir ’n kuier. Dit kyk ook uit op die swembad.

Die aparte opwas-/wasgoedkamer is toegerus met houtkaste, granietblaaie en ’n dubbele vlekvrye staalwasbak. Daar is ook ruimte vir ’n wasmasjien en ’n skottelgoedwasser.

Die geteëlde trap lei na drie slaapkamers met ingeboude kaste en aluminiumdeure na die balkon.

Die gesinsbadkamer het ’n bad, stort, toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer het ingeboude kaste, ’n kaggel en ’n deur wat lei na die balkon met ’n pragtige uitsig oor die tuin. Die en suite-badkamer het ’n hoekbad, stort, dubbelwasbak en aparte toilet.

Vir die gaste is daar ’n gastetoilet en wasbak. Die gasteslaapkamer is ook toegerus met ’n en suite-badkamer met stort, toilet en wasbak.

Die dubbelmotorhuis het ingeboude kaste en ’n outomatiese deur. Daar is ook ’n buitekamer wat toegerus is met ’n ingeboude kas en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak.

Dainfern en Dainfern Valley is bekend om hul streng veiligheid met elektriese heining, sekuriteitskameras, 24- uur-toegangsbeheer en veiligheidswagte.

Die veiling begin Woensdag 12 Augustus om 11:00 by Dainfern Valley. Registrasie met Fica-dokumente vind plaas vanaf 10:00.

Vir meer besonderhede besoek www.omniland.co.za of kontak 012 804 2978 of stuur ’n e-pos aan rod@omniland. co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Volksblad Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.