Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kollig val oporgaanskenking

AUGUSTUS is orgaanskenkmaand en die gemeenskap van Bethlehem gaan voluit meedoen hieraan.

Die projek het van die Gereformeerde Kerk Bethlehem gekom om die plaaslike gemeenskap bewus te maak van ­orgaanskenking en met kennis te be­magtig.

’n Inligtingsdag word op Saterdag 12 September om 10:00 in die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem se Clarkesaal gehou.

Sandra Venter van die Orgaanskenkerstigting en nasionale woordvoerder van die Weefselingenieurswese-sentrum by die Tshwane-universiteit vir Tegnologie (TUT) is die spreker.

Saam met ander sprekers word kennis en ervaring gedeel. Dit sal voornemende skenkers in staat stel om ingeligte besluite te neem oor hierdie belangrike saak. Die geleentheid word ook gebied om as skenkers te registreer.

Van Jaarsveld sê verskeie uitstallers sal ook die dag teenwoordig wees om meer lig te werp op die hele kwessie: die Mediclinic Hoogland in Bethlehem, die Orgaanskenkerstigting, die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD), Kansa, PathCare, die Sunflower Organisation en Martins-begrafnisdienste.

Die koste om die inligtingsdag by te woon is R30 per persoon en sluit ’n ligte middagete in.

Kaartjies hier is tot 7 September by Eureka-apteek in die Metropolitansentrum beskikbaar.

Rig navrae aan 076-810-6622.

) Bel 0800-22-66-11 vir meer inligting oor orgaanskenking, of besoek die webtuiste van die Orgaanskenkerstigting by www.odf.org.za

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.