Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Aankope kan siekes help

Golden Gateway Hospice in Bethlehem sien al dekades lank na pasiënte met ongeneeslike siektes om.

“Die hoofdoel is om goeie versorging aan ons pasiënte te bied en in hul onmiddellike behoeftes te voorsien,” sê Karen Jordaan van dié hospies.

Pasiënte word in die gemak van hul eie huis besoek en deur kundiges versorg.

Mediese toerusting soos rolstoele en looprame word verhuur, en ’n kliniek verskaf basiese mediese sorg.

Dié nie-winsgewende organisasie is afhanklik van skenkings om lopende uitgawes – soos die 13 werknemers se salaris – te dek.

Inwoners van Bethlehem en omgewing word dus genooi om Golden Gateway Hospice se liefdadigheidswinkel in Lindleystraat te ondersteun. Dit is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00 oop, en Saterdae van 09:00 tot 13:00.

By die organisasie se boekwinkel in Unionstraat, Die Weduwee se Kruik, kan mense tweedehandse boeke koop of skenk om herverkoop te word. Dit is weekliks van 08:00 tot 16:00 oop.

Opbrengste uit die twee winkels word vir die organisasie se uitgawes en dienste aangewend.

Vir meer inligting oor hoe om ’n bydrae te lewer, kan belangstellendes 058-303-7109 of 083-354-1127 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.