Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Aanval’ sit fikses op bankie

Fikses kon sedert Donderdag (23/07) nie data van oefensessies op Garmin se app of webtuiste oplaai nie en kon dus ook nie Discovery se Vitality-punte daarvoor verdien nie.

Dié verskaffer van fiksheids­toestelle moes noodgedwonge al sy stelsels buite werking stel nadat kuberkrakers toegeslaan het.

Garmin bevestig op sy amp­telike Twitter-rekening dat sy stelsels steeds van lyn af is, hoewel hy geen melding van die aanval maak nie.

Volgens The Guardianhet ’n groep kuberkrakers toegang tot Garmin se stelsels verkry en sy interne netwerk en “sommige produksiestelsels” oorgeneem.

’n Losprys word nou glo geëis alvorens toegang herstel sal word.

Discovery het ook bevestig dat hy geen oefensessies van Garmin met Vitality kan sinchroniseer nie.

“Wees gerus dat alle oefen­sessies gelaai sal word sodra Garmin weer aan die gang is,” sê Discovery.

Punte vir die week se oefen­teiken kan tot aanstaande Dinsdag gelaai word.

Garmin kan in hierdie tyd ook geen oproepe na sy inbelsentrums en e-posse ontvang of aanlyn gesprekke voer nie.

Garmin, ’n Amerikaanse onder­neming, spesialiseer ook in die verskaffing van nasporingstelsels vir onder meer vliegtuie en skepe.

Vlieëniers het aan die tegnologieblad ZDnet gesê hulle kon sedert Donderdag ook nie die nuutste weergawes van Garmin se data­basisse aflaai, wat hulle benodig om te kan vlieg nie. Die Garmin-app vir vlieëniers is ook ná die aanval van lyn af.

Dit is nog nie bekend wie agter die aanval sit nie.

Trouens, Garmin het nog nie bevestig dat hy die slagoffer van ’n kuberaanval is nie.

Volgens The Guardian het van die maatskappy se werknemers dit op die sosiale media as ’n kuber­aanval beskryf.

Die aanval op Garmin is die tweede in die afgelope paar weke op ’n bekende onderneming. Twitter het ook deurgeloop onder kuberkrakers wat toegang tot meer as 100 hoëprofiel-gebruikers se rekeninge verkry het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.