Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Afgesonder, nie afgesny

Aan die kruis uiter Jesus sewe kruiswoorde. Die een wat altyd vir my uitstaan, is die vierde hiervan wat ons in Matteus 27:46 vind.

Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?

Gedurende hierdie grendelstaat wat ons tans beleef, kan die gevoel so maklik ontstaan dat ons alléén is.

Weg van my familie en vriende.

Toegesluit in my huis.

Die ergste van alles is daardie gevoel dat God my ook verlaat het.

Hoe meer die gevalle van Covid-19 oor die wêreld heen toeneem, hoe meer kom die gevoel en vrees na vore dat God sy skepping verlaat het en sy skepsels aan hul eie noodlottige lot oorgelaat het.

Hierdie woorde van Jesus aan die kruis kom sê vir my: As jy vandag seer het, of as jy voel asof God jou verlaat het, as jy verwerp, vergete of weggegooi voel, is daar vir jou ’n troos. Jesus was ook daar. Hy weet presies waardeur jy gaan en in watter diep, donker gat jy jou bevind. Hy is daar saam met jou. Hy staan nie los van jou lyding nie.

En daarmee saam kom bevestig dit ook vir ons: Nooit kan ons sonder God se teenwoordigheid wees nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.