Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Alles en nog wat onder een dak

Solomons Mica is een van die oudste ondernemings in Bethlehem en het ’n ryke geskiedenis wat terugstrek na 1945, ná die oorlogsjare.

Lize de Boer (45), eienaar van Solomons Mica, het onlangs die leisels by haar skoonpa, Henk de Boer (87), wat onlangs afgetree het, oorgeneem. Aan die stuur van sake is Susan Janse van Rensburg (44) wat sedert 1999 in diens van Solomons Mica is.

Die Shifren-broers was die stigters van Shifrens Brothers General Dealer in 1946, en het die onderneming in Mulderstraat geopen. Die onderneming was ’n algemene handelaar wat nie-bederfbare produkte verkoop het.

In 1967 het Sam Stralitze die besigheid oorgeneem en na Louwstraat verskuif, en die onderneming is na Solomons Hardeware herdoop. Stralitze het die Bethlehem-tak as satellietwinkel van sy familie-onderneming in Port Elizabeth bestuur.

Solomons het toe as ’n kleinhandelaar vir Bethlehem en groothandelaar vir die omliggende plaaswinkels gedien.

In Maart 1978 het Henk de Boer Solomons oorgeneem. Die groothandel is gesluit en daar is op kleinhandel vir die huiseienaar gekonsentreer.

De Boer se gedagte was om Solomons ’n winkel met alles onder een dak te maak – ’n inkopielushof vir klante. Daarom het hulle in September 1986 die drie aparte geboue in Louwstraat vergroot sodat ’n algehele verkoopsoppervlakte van 600 m2 geskep is.

In Januarie 1997 het Gerard de Boer, Henk se jongste seun, hom by Solomons aangesluit.

Op 1 Februarie 1998 het Solomons ’n geïntegreerde rekenaarstelsel in werking gestel om voorraadopname en -kontrole te beheer en by die dinamiese sakewêreld aan te pas.

In September 1999 is Linen Centre oorgeneem, en ’n linne-aanbod is as die vierde hoofafdeling by Solomons se bedrywighede gevoeg.

Solomons is in Maart 2001 deur die bestuur van Mica Suid-Afrika genader om hom by die groep aan te sluit, en op 12 Julie is Solomons Mica amptelik in Bethlehem geopen. Sedertdien word die onderneming deur die nasionale groep gerugsteun, terwyl hy sy identiteit behou het.

Die gebou waaruit die onderneming nou handel dryf, die Jongmar-gebou in Malanstraat, huisves die onderneming sedert September 2004.

In Maart 2005 is die gebou verbeter en ’n ruim parkeerterrein is aangelê. Op 18 Oktober 2006 is die vergrote onderneming in Malanstraat, wat ’n volledige nuwe tuinafdeling ingesluit het, geopen.

Die nege afdelings van die onderneming soos dit vandag daar uitsien, beslaan 1 800 m2.

Die Polka Dot Coffee Eatery Deli is in 2008 by die onderneming bygevoeg. Dit bied koffie en ligte etes en is ’n kuierplek vir vriende en familie, waar kinders na hartelus kan speel.

Solomons Mica Bethlehem se toekomsvisie is ’n eenstop-aanbieding, met hardeware, verf, kampeertoerusting, tuinbenodigdhede, sporttoerusting, kuns- en kunsvlyt-produkte, skryfbehoeftes en leefstylprodukte.

Solomons Mica Bethlehem is jou eenstopwinkel wat jou sal wys hoe hulle dit doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.