Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ander se stories die beste leerskool

Mense het my nog altyd bekoor; om na hul stories te luister – hetsy ernstig of humoristies – is deel van my wese.

My werk neem my van dorp na dorp en van mens na mens; gee my die geleentheid om heerlike stories op te dis.

Die lewe is my leerskool.

Oud en jonk bemagtig my met hul kennis, insig, integriteit, menswees en denkwyse.

Van tienjariges wat die kuns van entrepreneurskap onder die knie het tot sakemanne en -vroue wat miljoene sterk staan danksy hul uithouvermoë te midde van moeilike ekonomiese omstandighede.

Terwyl ek met gespitste ore na elke storie sit en luister, hoor ek hoop, bemoediging, uithouvermoë en soms ’n tikke negatiwiteit – maar meestal ’n boodskap wat begeester.

Ek luister na mense wat positief is oor hoe die lewe verloop, mense wat op moedverloor se vlakte sit.

So kan ek my met elkeen vereenselwig.

Ander se stories help my om met begrip en empatie deur die lewe te gaan; help my om te besef dat elke storie belangrik is, ongeag hoe gering dit soms mag klink.

Elkeen het soms net erkenning of ’n klop op die skouer nodig.

Elkeen het op die een of ander manier die lewe se dwarsklappe beleef – en as ’n simpatieke oor ’n bietjie luister, gee dit hoop.

Al is dit hoe gering.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.