Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Atlete ryg medaljes in

Die Graanveldbyeenkoms is jaarliks ’n hoogtepunt op die Voortrekker-atletiekkalender.

Hulle het in 2020 ’n uitstekende Graanveld-atletiekbyeenkoms met topprestasies op die veld en baan beleef.

Die Hoërskool Voortrekker het die meeste goue medaljes gewen en het die meeste top-20- en top-50-atlete – 7 atlete in die top-10 en 28 atlete in die top-50.

Die Graanveldbyeenkoms is Donderdag (06/02) op Goblepark beslis.

Karli van Niekerk het die beste prestasie van die dag behaal met 930 punte vir meisies o.15 in diskusgooi. Atlete het 91 goue-, 55 silwer- en 63 bronsmedaljes verower. Die totale medaljestand is 209.

Die hoogtepunt van die dag was sekerlik die aflosse waartydens Voortrekker agt van die tien goue medaljes, wat op die spel was, gewen het.

Die dag is gekenmerk deur die groot aantal rekords wat verbeter is.

Atlete wat rekords verbeter het, is Ixore Cilliers (o.14) meisies, paalspring, Danika Zwahle (o.15) meisies, hindernis, Shannon Purchase (o.15) meisies, paalspring), Karli van Niekerk (o.15) meisies, diskusgooi), Jakolien Punt (o.16) meisies, hindernis), Caterien Janse van Vuuren (o.16) meisies, hamergooi, Kamohelo Moses (o.14) seuns, 100 m hekkies, 300 m hekkies, David Fourie (o.14) seuns, driesprong, Wian Botha (o.15) seuns, hindernis, Hein Smith (o.15) seuns, spiesgooi, Dendré Aucamp (o.17) seuns, 110 m-hekkies) en Wynand Swanepoel (o.19) seuns, diskusgooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.