Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Atlete wys hul slag op byeenkoms

Die Hoërskool Voortrekker (BVHS) het vanjaar goed begin met ’n suksesvolle voorseisoen wat atlete vir 2020 voorberei het.

Die jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms het aan die skool geleentheid gebied om ’n gedugte atletiekspan te kies wat die Graanveld-byeenkoms en die Oos-Vrystaat-byeenkoms oorheers het.

Voortrekker het op 7 Maart die meeste medaljes op die Vrystaatkampioenskap verower (17 goue medaljes, 13 silwermedaljes en 14 bronsmedaljes). Die skool het vier atlete onder die top-50 van die dag. Drie rekords is ook deur drie atlete verbeter: Karli van Niekerk, diskusgooi vir meisies o.15, Ixoré Cilliers, paalspring vir meisies o.14 en Wynand Swanepoel, diskusgooi vir seuns o.19.

Danika Zwahlen het ’n driekuns behaal deur in drie nommers goud te verwerf.

Nog ’n hoogtepunt op die dag was die aflosnommers. Voortrekker se aflosspanne het in die nege aflosnommers waaraan hul deelgeneem het, agt medaljes verower.

Uit die 201 deelnemende skole het Voortrekker vierde geëindig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.