Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Begroting op vergadering aanvaar

Die Dihlabeng-munisipaliteit se begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan vir die 2019-’20-geldjaar is Vrydag (07/06) op ’n spesiale raadsvergadering goedgekeur.

Dit kom nadat daar nie genoeg raadslede op Donderdag 30 Mei by die burgemeester, Lindiwe Makhalema, se begrotingsrede was om ’n kworum te vorm nie.

Nege raadslede het teen die begroting gestem, en 26 daarvoor.

Gerrie Roetz, DA-raadslid, sê die spesiale vergadering was slegs ’n strategie om die onwettige vergadering van 30 Mei te wettig.

“Op ’n spesiale raadsvergadering op Donderdag 28 Maart, waar die konsepbegroting voorgelê is, het raadslede verneem daar sal openbare vergaderings vir publieke deelname, asook ’n werksessie vir raadslede op 2 en 3 April gehou word. ’n Finale raadsvergadering sou gehou word na afloop van die publiek se deelname sodat enige kwessies uitgestryk kan word,” sê hy.

Hy sê daar was geen finale raadsvergadering om oor die begroting te besin nie.

“Meeste van die raadslede is in die duister gehou, totdat ons gehoor het van die spesiale raadsvergadering wat op 30 Mei by Vogelfontein gehou sou word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.