Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bekende se ma onthou as ‘vrou wat Here dien’

Die joernalis en skrywer Max du Preez se ma, Betsie du Preez (86), is Woensdag in Kroonstad aan natuurlike oorsake oorlede.

Du Preez het in 1957 na Kroonstad verhuis. Sy het aan die Suidrand Volkskool begin skoolhou en daarna was sy tot met haar aftrede aan die Hoër Tegniese Skool De Wet Nel in Kroonstad verbonde. Sy was bekend as een van die beste Afrikaansonderwysers en was jare lank vakhoof.

Du Preez is in Reitz gebore en het op die plaas Driekuil in die Reitz-distrik grootgeword. Sy het aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem gematrikuleer, waarna sy ’n BA-graad aan die destydse Universiteit van die Oranje Vrystaat verwerf het, asook ’n onderwysdiploma aan Unisa.

Haar familie en vriende beskryf haar as ’n diep gelowige, stylvolle en statige vrou.

“My ma was ’n baie lojale vrou en moeder. Sy was welbelese en intellektueel, lief vir klassieke musiek, baie aktief in die gemeenskap en die kerk. Sy het die lekkerste en die beste sjokoladekoek gebak en het die pragtigste truie gebrei,” sê haar seun Wynand.

“Ma Betsie het ’n ongelooflike opvoedende rol in my lewe gespeel, waarvoor ek vir haar en die Here baie dankbaar is. Ons kan net goeie dinge van haar sê – sy het alles reg gedoen en naby die Here geleef,” sê dr. Kruger du Preez, ’n ander seun.

Haar oudste seun ds. Johan du Preez was die stigter en eerste direkteur van die internasionale Petra-kollege vir kinderopleiding in Witrivier. Hy was ook ’n populêre leraar van die NG kerk Kroonstad-Noord. Hy is in 1997 in ’n motorongeluk oorlede.

Erna Jacobs, ’n vriendin, sê wanneer sy aan haar dink, sien sy ’n vrou wat die Here dien.

Sy was met Johann (Dup) du Preez getroud en hulle het agt kinders gehad: Johan, Kruger, Max, Wynand en James, asook Cecilia Saayman, Mollie Kotzé en Elzabeth Knoesen. Hulle het 23 kleinkinders en 23 agterkleinkinders. Dup is in Mei 1999 oorlede.

Du Preez se roudiens word Dinsdag (20/10) om 11:00 in die NG kerk Kroonstad-Suid gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.