Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Benut tyd, ’n gawe uit God se hand

Lees Kolossense 4:5.

As julle met mense te doen kry wat nie Christene is nie, moet julle julle veral goed gedra. Gebruik elke oomblik om ’n positiewe invloed op die mense om jou te hê.

As die Here ons God die een is wat tyd bepaal, kan ons ook sê dat Hy hierdie tyd aan ons gee.

Tyd val nie uit die lug nie; dit is ’n gawe van God. Tyd is vlietend en kosbaar. Dit gaan verby.

Daar is geen waarborg dat ons al die sekondes van hierdie nuwe jaar sal uitleef nie. Miskien sal die somtotaal van ons sekondes opraak. Miskien sal die horlosie van ons aardse bestaan gaan staan. Ons weet nie.

Juis daarom moet ons tyd nie sommer net as vanselfsprekend beskou nie.

Die sekondes, minute, ure en dae van hierdie jaar moet nie sommer maar net by ons verbyflits nie. Ons moet die tyd uitkoop, die beste maak van die tyd wat God vir ons gee.

Waardeer ook die tyd – elke sekonde, elke minuut, elke uur, elke dag van die jaar wat aan jou gegee word – deur te doen wat jou hand vind om te doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.