Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bernina is terug in Bethlehem

Ná etlike jare is Bernina terug in Bethlehem met Theo en Helenette van Tonder wat môre (08/08) die nuwe winkel se deure open.

Dit is by Baartmanstraat 10 geleë.

Die Van Tonders is ou bekendes in die omgewing en is reeds vir meer as 20 jaar suksesvolle Bernina-handelaars in Kimberley en sedert 1999 ook in Bloemfontein.

Hulle besit steeds die Bloemfontein-tak en het besluit om na Bethlehem uit te brei.

“Om goeie besigheidsvernuf te kombineer met Helenette en Bertha Neuhoff se uiters deeglike naalwerkagtergrond in ’n verbintenis met Bernina, die top-vervaardiger van premium- naaldwerkmasjiene in die wêreld, is ’n vennootskap wat beslis opwindende en kreatiewe voordele vir die naaldwerkgemeenskap van Bethlehem en die omgewing inhou,” sê Ivan Stevens, handelaarbestuurder van Bernina Suid-Afrika.

Volgens Stevens herinner die naam aan ’n ryk geskiedenis van innovering, gehalte en toewyding aan diens.

“Dit is wat kliënte kan verwag wanneer hulle vir Theo, Helenette en Bertha by Bernina Bethlehem besoek,” sê Stevens.

Die tak nooi almal uit om na demonstrasies van die wye reeks Bernina- en Bernette- naaldwerk-, omkap-, borduur- en kwiltmasjiene en toebehore te kyk.

“Kom vind hier uit hoe jy jou eie kreatiwiteit kan uitleef en jou vaardighede kan verbeter.

“As jy lanklaas jou masjien laat diens het en nooit geweet het waarheen om te gaan nie, kan jy gerus vir Theo kontak om te help,” sê Stevens.

Vir die duur van die openingstydperk van Donderdag 8 Augustus tot Maandag 12 Augustus, is daar ’n masjienpromosie wat mededingende pryse op verskeie masjiene bied.

Theo en Helenette nooi almal uit om Vrouedag saam met dié tak te vier, wanneer hulle ook sal oop wees.

Op Saterdag 10 Augustus sal die deure ook oop wees.

Kliënte wat die winkel in dié openingstydperk besoek, staan ’n kans om pryse te wen met verskeie gelukstrekkings.

Met hul leuse “Made to create” wil Bernina Bethlehem jou inspireer.

Bel hulle by 058-303-1784 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.