Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Besef krag van liefde

Dis verstommend om te dink dat die woorde “beurtkrag”, “staatskaping”, “Wit Monopoliekapitaal”, “tenderpreneur”, en “onteiening sonder vergoeding”, onlangs deel van ons gesprekke geword het.

Hiervoor het ons ons regering en korrupte ontplooide kaders om te bedank.

Ek wonder welke woorde ons eerder graag sou wou sien.

“Standaarde”, “regverdigheid”, “skoon oudits”, “veilige omgewing,” “dienswillige staatsamptenare,” en ’n swetterjoel ander wat as basiese beginsels van goeie regering beskou word.

Dit bring my by my eie verantwoordelikheid. Vir watter woorde was ek gedurende 2018 binne my invloedsfeer verantwoordelik?

Het ek klakkeloos meegemor wanneer die nuutste narrestreke in ons sirkus-parlement uitgesaai is? Het ek skouerophalend na die agteruitgang van dienste gekyk?

Wanneer is ek tot toeskouer in my eie land reduseer? Of is dit net my eie beperkende denke en gebrek aan burgerlike wil wat verhoed dat ek my stem dikmaak?

Daar is vrae wat ek vir myself moet antwoord. Het ek my stem laat hoor vir regverdigheid? Het ek omgesien na my naaste? Was ek ’n goeie voorbeeld vir my kinders? Het ek my vrou vertel dat ek vir haar lief is? Het ek genoeg gelag? Het ek my talente ontwikkel? Het ek my bes gegee in my werk? Was ek daar vir my kinders? Was ek dankbaar vir sonsopkomste, vir vriendelike mense, vir lewe, vir musiek, vir troeteldiere?

Kon ek ’n bydrae lewer wat nuwe woorde na gesprekke bring?

Woorde van geloof, hoop en liefde. Veral van liefde.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.