Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bethlehem vier Museumdag

Die Bethlehem-museum vier ook Internasionale Museumdag op Saterdag 18 Mei.

Op dié dag beplan deelnemende museums aktiwiteite om klem op die belangrikheid van museums te plaas.

Die doel van die dag is om bewustheid te skep dat museums ’n belangrike middel is om items van artistiese, kulturele of wetenskaplike belang te versamel, bewaar, interpreteer en uit te stal, tot die voordeel en onderrig van die publiek. Museums se belangrikste funksie is om kennis te bewaar.

Die Vriende van die Bethlehem-Museum en die Museumtrust nooi graag almal om die museum op die dag te besoek.

Die vieringe vind van 09:00 tot 17:00 plaas en toegang is gratis. Daar sal koffie, tee, koekies, lekkergoed en koeldrank, asook sop en pannekoek, te koop aangebied word in die Stasiekafee.

Die terrein is beskikbaar vir piekniek en vleisbraai.

Die miniatuur-treintjie sal loop teen ’n spesiaal verlaagde tarief.

Skakel 082-293-0680 met enige navrae.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.