Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bewaar unies se geskiedenis só

In November 1995, met die koms van profes­sionele rugby, en ongeag vroeëre beloftes deur die destydse president van die Suid-Afrikaanse Rugby Voetbalunie (dr. Louis Luyt), is agt Suid-Afrikaanse plattelandse rugby-unies ontbind.

Sedert 1995 het klubrugby oor die land heen, maar veral in plattelandse gebiede waar daar nie langer die aansporing van insluiting in ’n provinsiale span is nie, erg getaan.

Heinrich Schulze (rugbyhistorikus, -versamelaar en RSG sportverslaggewer) en Eddie Grieb (rugbystatistikus) is sedert 1999 besig om die geskiedenis van hierdie agt gewese plattelandse rugby-unies (RU) na te vors en te boekstaaf.

In 2006 het hulle die geskiedenis van Oos-Vrystaat RU (wat vanjaar 50 jaar oud sou wees) gepubliseer.

In 2009 het hulle die geskiedenis van Suidoos-Transvaal (wat vandag nog as die Mpumalanga RU bestaan) gepubliseer en vroeg aanstaande jaar sal Noord-Natal RU se geskiedenis beskikbaar wees.

As deel van die proses om die geskiedenis van plattelandse klub-, sub-unie-, en provinsiale rugby op te teken en te bewaar, het Schulze ook ’n privaat rugbymuseum en –argief wat hy sedert 1971 opbou.

Waar die groter, meer bekende museums fokus op Springbokrugby en die memorabilia wat daarmee gepaard gaan, is Schulze se rugbymuseum en argief veral daarop toegespits om rugbytruie, sakwapens, wedstrydprogramme, toegangskaartjies en meer, van plattelandse spanne te bewaar.

Lesers wat oor ou klub-, subunie- of provinsiale rugbytruie, kleurbaadjies, sakwapens, spanfoto’s, programme en kaartjies beskik, kan dit aan die museum skenk waar dit vir die toekoms bewaar sal word (en ontgin word in die optekening en verspreiding van plattelandse rugbygeskiedenis).

Bel Schulze by 082-784-4823 of stuur ’n e-pos na rightpitchcc@gmail.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.