Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bewustheid kweek gesonder digitale leefstyl

Soos ons almal weet, speel die wonderwêreld van rekenaars, selfone, tablette, ensovoort ’n bykans onontbeerlike rol in ons almal se lewe.

Gebruik en bestuur ons dit op ’n verantwoordelike en digi-slim manier, of beheer dit ons?

Imagine 122 is ’n nie-wins­gewende maatskappy wat die publiek, maar veral ouers en kinders, met kennis wil bemagtig om selfone, tablette, skoot­rekenaars en soortgelyke toestelle op ’n verantwoordelike en digi-slim manier te gebruik.

’n Reeks artikels sal in Vrystaat Nuus/News geplaas word om die leserspubliek van sekere feite bewus te maak en terselfdertyd praktiese wenke te gee oor hoe om ’n digi-slim leefstyl aan te leer.

Navorsing wys dat baie min Suid-Afrikaners van die volgende wetenskaplike feite bewus is:

  • Die oormatige gebruik van onder meer selfone, tablette en skootrekenaars gee aanleiding tot of vererger toestande soos ADHD, elektronieseskerm-sindroom, digitale demensie, internetverslawing-versteuring, Facebook-depressie, FOMO-sindroom (“fear of missing out”) en nomofobie (’n vorm van skeidingsangs).
  • Die voorkoms van hierdie toestande het die afgelope 15 jaar eksponensieel met 3 400% toegeneem en kinders se fisieke, kognitiewe en gedragsontwikkeling word nadelig hierdeur beïnvloed.
  • In Korea en China is daar meer as 500 digitaleverslawing­sentrums (“cyber detox centres”) wat etlike duisende verslaafdes probeer rehabiliteer – dit groei daagliks.
  • In Frankryk is die gebruik van selfone van 1 Julie af in kleuter- en laerskole verbied. Streng wetgewing word al hoe meer deur die Westerse lande ingestel om verbruikers, en veral kinders, te beskerm.
  • Die oormatige blootstelling aan elektromagnetiese bestraling van selfone, tablette en so meer, asook selfoontorings, kan aanleiding gee tot verskeie siektetoestande soos kanker, lae bloedsuiker, versteurde slaap (“insomnia”) en vele versteurings.

In die volgende artikel sal die fokus wees op hoe gewoontes gevorm word wat tot die oormatige gebruik of verslawing aan elektroniese skerms kan lei.

Braam Botha, ’n prokureur en stigter van Imagine122 wat tans besig is met sy doktorale studies aan die Noordwes-Universiteit. Kontak hom by 082-829-5190 of by 122imagine@gmail.com of smart@jabattorneys.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.