Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bhm-boorling in Amerika vereer ná redding

“As jy iets het om vir jou geliefdes te sê, doen dit dadelik – môre kan dalk te laat wees.”

Dit is die les wat Marius van Eeden (38), ’n marine-ingenieur van Fort Lauderdale in Amerika, geleer het toe hy in November verlede jaar ’n bejaarde man van ’n gewisse dood gered het.

Van Eeden, ’n boorling van Bethlehem, is op 17 Januarie deur die brand-en-reddingsafdeling van Pembroke Pines, ’n nabygeleë stad, met die Phoenix-prys vereer nadat hy mond-tot-mond-asemhaling op die bejaarde man, wie se naam nie bekend gemaak is nie, toegepas het.

Die Phoenix-prys is die hoogste eerbewys wat dié brand-en-reddingsafdeling aan ’n burgerlike gee, en dit is die eerste keer in sowat 11 jaar dat dit toegeken word.

Ná die reddingspoging kon Van Eeden nie slaap nie. Hy het dadelik aan sy ouers, Sarel en Marietjie van Eeden van Bethlehem, ’n boodskap gestuur waarin hy hulle bedank dat hulle “die beste ouers in die wêreld” is.

’n Trotse Marietjie sê dit is ’n groot eer wat hul seun te beurt val.

Sy sê haar seun en ’n kollega het op 27 November verlede jaar ’n potjie gholf in Palm Beach gaan speel toe ’n man skielik uit sy gholfkarretjie val.

“Hy (Van Eeden) het hom na die man gehaas, geen polsslag gevoel nie en dadelik mond-tot-mond-asemhaling toegepas. Ná die eerste probeerslag het hy ’n polsslag gekry, maar dit weer verloor.”

Die nooddienste is intussen na die gholfbaan ontbied.

Marietjie sê Van Eeden het met die derde probeerslag weer ’n polsslag gekry.

Toe die nooddienste opdaag, is die man na ’n hospitaal gebring, waar bevind is dat een van sy are heeltemal verstop was, en nog ’n aar 50% verstop.

“As dit nie vir Marius was nie, was die man nie meer hier nie.”

Marietjie sê kort ná die voorval het die man Van Eeden gebel om hom te bedank en te benadruk dat dit aan hom te danke is dat hy nog leef.

“Om te sê ons is trots, stel dit nie sterk genoeg nie. Dit is ’n groot eer en ons is verskriklik trots op hom.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.