Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bhm-sakevrou verhuis ná 56 jaar in dorp

Rina Swanepoel, een van Bethlehem se bekendste sakevroue, verhuis ná 56 jaar in die dorp eersdaags na Bloemfontein.

Vriende van Swanepoel het op Dinsdagoggend 4 Desember ’n geselligheid by die Coachman’s Saloon by die Frontier Inn & Casino bygewoon waartydens haar verjaardag gevier is en daar van haar afskeid geneem is.

Swanepoel, ’n gekwalifiseerde onderwyser kon destyds nie ’n onderwyspos in Bethlehem kry toe sy en haar man, wyle Swannie Swanepoel, hierheen verhuis het nie. Sy is deur die weermag genader en so het die Klein Soldaatjie-kleuterskool sy ontstaan gehad. Sy het met agt kleuters begin en agt jaar later, toe sy daar weg is, was die leerlingtal 220.

Met haar man wat in die boubedryf was, kon dit nie anders as dat sy met verhurings betrokke geraak het nie. Sy is genader deur Dirk van Reenen, ’n eiendomsagent, wat haar aan die verkoop van eiendomme bekend gestel het, en sy het haar as agent gevestig. Sy was later mede-eienaar van Swanepoel en Cronje Eiendomme. Sy het tot onlangs Rina en Tokkies Eiendomme behartig.

Swanepoel het op die Raad van Eiendomme gedien en was die direkteur vir die Raad van Eiendomme vir die Noord-Kaap en Vrystaat.

Sy het ook as voorsitter van die Bethlehem-sakekamer gedien.

Sy het die visie gehad om ’n klompie huise in Riemlandweg te koop en het dit verhuur totdat sy goedkeuring verkry het vir besigheidsregte.

“My droom was om ’n vulstasie op die deurpad te vestig. Vandag is die Engen Prime Stop vulstasie en die Wimpy verseker een van die bekendste bakens in Bethlehem.”

Swanepoel het deur die jare ook swaarkry en hartseer beleef. Haar seun, Cornel, wat intussen oorlede is, was ná ’n motorfietsongeluk ’n kwadrupleeg. Sy het twee dogters, Corne en Kobie.

Haar gesondheid het die afgelope ruk agteruitgegaan en Corne het haar oorreed om na Bloemfontein te verhuis sodat sy naby haar kan wees.

Swanepoel groet en sê dankie aan elke Bethlehemiet.

“Ek dink aan Bethlehem met liefde en dankbaarheid.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.