Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bhm-sentrum presteer nasionaal

Master Science Bethlehem het op die jaarlikse kon­ferensie by die Indaba-hotel en -konferensiesentrum in Johannesburg ’n eerbewys vir uitnemendheid ontvang.

Die sentrum in Bethlehem is een van slegs nege in die land, en die enigste sentrum in die Vrystaat wat die eerbewys ontvang het.

Daar is verskeie kriteria wat met beoordeling oorweeg word.

Twee belangrike punte wat oorweeg word en wat die grootste gewig dra, is die reikwydte wat die franchise in sy gebied het en die volgehoue groei van die franchise.

Master Science se besigheidsformaat, stelsels en prosedures is oor talle jare ontwerp, ontwikkel en verfyn om die sukses van sy franchises te verseker.

Uit ervaring kan die beoordelaars bevestig dat die franchise-houers wat die stelsels en prosedures omhels en toepas, ’n beduidende hoër suksessyfer het om groei te handhaaf.

Daar word dus erkenning gegee aan franchise-houers tot die mate waarin hulle voldoen aan Master Science se besigheidsbeginsels, dissiplines, etiek, en handelsnaam- en bemarkingsveldtogte.

Kommunikasie met die hoofkantoor is hoog op die lys van vereistes.

Master Science poog om dié eerbewyse gesog te maak om sodoende die franchises se prestasies te vereer op so ’n manier dat hulle dit met groot trots kan ontvang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.