Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bhm-skone mik vir voorblad

’n Beeldskone Bethlehemiet is een van die 40 finaliste in vanjaar se Voorbladgesig-kompetisie van Sarie.

Liebné Liebenberg (20), ’n onderwys­student, sê sy was oorweldig deur die nuus.

“Dit het eers ’n werklikheid geword toe ek my gesig in die Julie-uitgawe van Sarie sien,” sê sy.

Sy studeer tans onderwys (interme­diêre fase) deur afstandsonderrig aan die Noordwes-Universiteit (NWU) en werk heeltyds by die Bethlehem Akademie se leessentrum.

Met haar Sarie-serpie om haar nek, wat in dié maand se uitgawe ingesluit is, vertel Liebné dat haar ma, Leonie Liebenberg, haar inspirasie is.

Sy het in 2010 aan die Mev. Suid-Afrika-kompetisie deelgeneem en met die Mev. Persoonlikheid-titel weggestap.

“My ma beeld soveel liefde uit. Sy is so ’n sterk, onafhanklike mens en ek kyk al sedert ek tien jaar oud is op na haar. Ek wil graag in my ma se voetspore volg.”

Liebné het haar as 17-jarige ook vir Sarie se Voorbladgesig-kompetisie ingeskryf, maar meen sy was toe nog te jonk daarvoor.

Sy sê die grootste kompliment wat sy al ooit ontvang het, is dat haar tannie, Maureen Scheepers, vir haar gesê het sy het haar roeping gemis. Haar tannie is van mening dat sy eerder modelwerk moes doen.

“My grootste wens is om te kan sien hoe iemand anders my uit hul oogpunt sien,” sê Liebné.

Buiten haar liefde vir die buitelewe en die natuur, is sy gaande daaroor om vroue mooi te maak en hulle goed in hul eie vel te laat voel.

Sy is dankbaar vir haar ma en haar pa, Lieb, se ondersteuning en dat hulle saam met haar opgewonde is.

Vanjaar se tien finaliste sal in die Augustus-uitgawe van Sarie te sien wees, waarna lesers dan vir hul gunstelinge sal kan stem.

Die wenner sal op die Oktober-uitgawe se voorblad pryk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.