Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bhm-vrou draf Washie kaf

Evette Watson (34) van Bethlehem het die vroue-afdeling van die Washie 100-miler-wedloop gewen.

Dié wedloop het op Vrydag 27 Julie en Saterdag 28 Julie plaasgevind.

Sy het algeheel sewende geëindig in 18:26.

Die Washie is een van die bekendste ultrawedlope wat jaarliks in Suid-Afrika gehou word.

Atlete moes die 160 km van Port Alfred tot Oos-Londen binne 26 uur hardloop.

Vanjaar se roete het weens padwerke verander, maar vir Evette was dit nie ’n probleem nie.

“Die ou roete word blykbaar die ‘Road to hell’ genoem, en die nuwe roete staan as die ‘Steroid to heaven’ bekend,” sê sy laggend.

Dit is die tweede keer wat sy aan dié wedloop deelneem.

“In 2016 het ek gegaan om dit te geniet. Ons het koffie en beskuit langs die pad gehad. Maar vanjaar het ek gegaan om te wen.

“Ek het hard gebid dat die weer reg sal wees. Die Here is die grootste faktor en ek gee alle eer aan Hom. God gee vir ons gawes, maar ons moet steeds oefen,” sê sy.

Evette het op die N5 buite Bethlehem geoefen en was gewoond aan die wind en trokke wat verbyry. Die roete is op die N6.

Sy moes die eerste 34 km van die wedloop in die reën hardloop, met koue wind van voor en dit was donker en koud.

Tog kon sy ook die langste algehele maansverduistering aanskou.

“Dit was wel ’n bietjie moeilik om op te kyk terwyl ek hardloop,” lag sy.

Vir Evette was die grootste uitdaging van haar voorbereiding om al haar verpligtinge na te kom.

“Dit is moeilik om tyd te kry om te oefen as jy die ma van ’n nege maande oue seuntjie en die bestuurder van Lavender Hill is.”

Evette het in Januarie ernstig vir die wedloop begin oefen.

Sy het vroeër vanjaar aan die Surrender Hill-marathon in Clarens deelgeneem, en op haar verjaardag die Comrades-wedloop die vyfde keer aangedurf.

Ná die Comrades het sy slegs ’n week gerus.

Haar afrigter, Ebarnie Cilliers, het haar deurlopend ondersteun en raad gegee.

“Ek het ook by Willem Willems van Wellfit geoefen en dit het baie gehelp,” sê Evette.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.