Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bhm wás

Pieter Olivier, Bethlehem:

Ek verwys na Sonja Naudé se brief in Vrystaatnuus/News van Woensdag (26/06).

Voor 1994 was Bethlehem in feitlik elke opsig ’n modeldorp.

Die dorp het tot die Noordoos-Vrystaatse Streekontwikkelingsvereniging behoort en tot die Oos-Vrystaatse en Noordoos- Vrystaatse Streekreklameverenigings.

In albei streke is jaarliks om die Administrateursbeker meegeding om die mooiste, skoonste en besversorgde dorpe in klein, middelslag- en groot kategorieë aan te wys.

Die stadsraad het elke jaar sy eie sypaadjie-kompetisie gehou. Almal was outomaties ingeskryf en elke eiendom is deur kundige persone beoordeel soos van die straat gesien. Benewens die algehele wenners is daar in elke munisipale wyk wenners aangewys.

Watter plaaslike diens- of kultuurorganisasie gaan die kompetisie laat herleef? Dit is eintlik ’n taak vir ’n sakekamer – wat ons helaas – nie het nie.

Ons president se droom kan byvoorbeeld in Bethlehem ’n werklikheid word.

Hy moet net ’n slag hierheen kom en sy sambok laat praat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.