Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boer skenk 300ste eenheid bloed

’n Boer van Roadside naby Warden het op Donderdag 10 September sy 300ste eenheid bloed by die bloedbank in Bethlehem geskenk.

Koos Ferreira (66) het as 14-jarige leerling aan die Afrikaanse Hoërskool Germiston sy eerste eenheid bloed geskenk.

“My rugbyafrigter was ’n gereelde skenker en hy het ons aangemoedig om te skenk.”

Sedertdien skenk Ferreira gereeld bloed.

Gedurende sy tyd in die weermag was hy op die grens toe een van sy makkers, Nico van Wyk, ’n landmyn afgetrap het en ernstig beseer is. Hoewel daar nie die nodige toerusting was nie, is ’n plan gemaak sodat Ferreira bloed kon skenk wat Van Wyk se lewe help red het.

Ferreira se bloedgroep is O-positief. Deur 300 eenhede te skenk, het Ferreira al talle lewens gered.

Deesdae moet hy ’n bietjie langer tussen skenkings wag, maar hy reken sy lyf vertel hom wanneer dit tyd is om te skenk.

  • Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) ondervind ’n geweldige tekort aan bloed en sukkel om aan die nasionale behoefte te voorsien.

Aangesien die SANBD weens die Covid-19-inperking nie skole, universiteite en besighede kan besoek nie, het skenkings afgeneem.

“Groep O-voorraad is baie laag en ons doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om ’n eenheid bloed te skenk,” sê Silungile Mlambo, die SANBD se hoofbemarkingsbeampte.

Die SANBD het die nodige Covid-19-maatreëls in plek.

Mense wat oorsee gereis het, asook diegene wat Covid-19 gehad het en weer gesond verklaar is, moet 28 dae wag voordat hulle kan gaan skenk.

Mense wat met iemand in aanraking was wat vir die virus positief getoets is of dit moontlik onder lede het, moet ook 28 dae wag.

Diegene wat simptome van verkoue of griep het, moet sewe dae wag voordat hulle mag gaan skenk.

  • Besoek die SANBD by die Riverwalk-sentrum in Bethlehem.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.