Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boere baat by nuwe graanplatform

’n Nuwe rolspeler in die graanmark het Woensdag (07/04) sy toetrede in Suid-Afrika gemaak toe TonnUp, ’n aanlyn verhandelings­platform, in Viljoenskroon bekend gestel is.

Graanboere se frustrasie met die bestaande stelsel en bewerings van bedrog met silosertifikate het onder meer tot die ontwikkeling van TonnUp bygedra. Stephen Krüger, ’n Vrystaatse mielieboer en direkteur van die onderneming, sê dit is tyd dat boere binne ’n deursigtige omgewing hul graan bemark en kry wat hulle toekom.

Hy sê die platform sal boere toelaat om beter beheer oor die prysstrategie, bemarking en verspreiding van hul produkte uit te oefen, en teen ’n fraksie van die koste wat boere tans vir bemarking en verspreiding betaal.

“TonnUp is gebore uit die behoefte om ’n billike prys vir boere se insette en risiko’s te verseker. Ons boere is die beginpunt van die voedselwaardeketting, maar het die minste vermoë om met pryse te beding.”

Krüger sê boere dra alleen al die risiko’s en skep die waarde, maar kry nie die pryse wat hulle toekom nie.

Die TonnUp-platform sal boere nader aan makelaars, silo-eienaars en meulenaars bring. Kopers van graanprodukte sal ook kan bie om die produk wat hulle aankoop te ontvang op die plek waar hulle verkies.

“Ons waardevoorstel is om kopers en verkopers bymekaar te bring en ’n mark te skep waar almal ’n billike ooreenkoms kry,” sê Krüger.

Een van die grootste haakplekke in huidige kontantmarkte is die vertraging van betalings. TonnUp beoog om dit te verwyder deur boere binne twee dae ná verhandeling te betaal.

Terwyl silo-eienaars steeds die gehalte en hoeveelheid van die fisieke voorraad op die opbergingsertifikate sal waarborg, vergemaklik TonnUp die kontantvloeiproses sodat verkopers hul betalings, en kopers hul voorraad, vinnig en doeltreffend ontvang. Daar sal aanvanklik op graan gefokus word, maar daar word beplan om vinnig uit te brei na ander kommoditeite, waaronder soja, sorghum, oliekoek en selfs kunsmis. Soortgelyke platforms oorsee vaar volgens Krüger goed, maar TonnUp is ’n eerste vir die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

“Uiteindelik gebruik ons landboutegnologie om boere in staat te stel om hul eie produkte teen ’n fraksie van die huidige koste te bestuur; van enige plek af en op enige tydstip,” sê Krüger.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.