Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boere besig nadat reën val
In die Vrystaat het planttyd vir somergewasse reed
In die Vrystaat het planttyd vir somergewasse reeds aangebreek. Boere in verskillende streke is druk besig na die eerste reënval om grond voor te berei en meeste gewasse betyds in die grond te kry

In die Vrystaat het planttyd vir somergewasse aangebreek. Boere is druk besig om grond ná die eerste reënval voor te berei en gewasse betyds in die grond te kry.

Sedert Oktober het reën oor groot dele van die Vrystaat uitgesak en kon boere met voorbereidings begin. Sekere graangewasse en oliesade word nou geplant. Die someroeste se planttyd strek van middel Oktober tot middel Desember.

Nicolas Lourens, wat tussen Reitz en Kestell met aartappels boer, sê hy het van begin Oktober af 195 mm reën op sy plaas gemeet. Hy het al 60% van sy mielies aangeplant en is ook besig om voor einde November aartappels in die grond te kry.

Boere in die westelike gedeeltes van die Vrystaat sal nog tot middel Desember aanplant. Manie van Niekerk van Langgeluk Beleggings buite Kroonstad plant ook druk somergewasse aan. Hy het sedert 1 Oktober 113 mm reën gemeet.

Niekie van Zyl, ’n veeboer op pad na Lindley, sê hy het ongeveer 87 mm reën in dié tydperk gemeet en dat die reënvalseisoen baie meer rooskleurig as verlede jaar lyk.

Tot dusver verloop die planttyd seepglad, en kenners reken die positiewe neiging in die verkope van saad en kunsmis dui daarop dat boere beplan om meer te plant as verlede jaar dié tyd. Die prys van sekere graangewasse en oliesade is ook veel hoër as ’n jaar gelede, waaroor boere baie optimisties is.

Volgens landboukenners lyk die seisoen belowend vir saaiboere in die Vrystaat.

’n Inwoner van Kroonstad wat reënvalstatistieke aanteken, Len Smith, sê dat inwoners van begin Oktober tot Sondag (08/11) met meer as 139 mm reën geseën is.

“Dit is inderdaad baie meer as verlede jaar se 14 mm wat in dieselfde tydperk gemeet is. Vanjaar se reënval lyk baie meer belowend.”

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein voorspel reënweer vir die res van die week in die Vrystaat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.