Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bokkieweek weer gehou

Die jaarlikse Bokkieweek sal vanjaar in Oktober in Kroonstad aangebied word.

“Indien die omstandighede rondom die Covid-19-pandemie dit toelaat, sal die Bokkieweek van 4 tot 8 Oktober plaasvind,” sê ds. Peter Stans, uitvoerende hoof van Afrikaner- Volkseie Sport (AVS).

“Ons het die toernooi vir ná die winter beplan met die hoop dat die pandemie dit nie sal beïnvloed nie.”

Die Bokkieweek sal op die sportterrein van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad, Hoërskool Kroonstad en die Johan Slabbert-skool plaasvind.

Stans sê reëlings sal met ander skole in die dorp getref word indien meer sportterreine benodig word om aan Covid-19-regulasies te voldoen.

Dié geleentheid sal o.13-, o.14-, o.16- en o.19-rugby- en -netbalspanne betrek, asook o.14-, o.16- en o.19-meisieshokkie­spanne en o.15- en o.19-seunshokkiespanne.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.