Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bome dui op hoop vir die toekoms

AfriForum se Reitz-tak het as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaand-projek op 30 September vier bome by die Hoërskool Reitz geplant.

Volgens JP Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland, het AfriForum vanjaar reeds nagenoeg 2 530 bome oor die land heen geplant.

“Deur inheemse bome te plant, bewaar ons nie net ons omgewing en maak dit ’n mooier plek om in te bly nie, maar wys ons ook dat ons hoop vir die toekoms het. Bome is veel meer as bloot ’n belangrike deel van die ekostelsel of ’n noodsaaklike natuurlike hulpbron – bome is simbolies van lewe,” sê Nel.

AfriForum fokus jaarliks op ’n boomspesie wat algemeen voorkom, asook ’n skaars boomspesie. Die algemene boom vir 2019 is die maroela (Sclerocarya birrea), terwyl die skaars boom die appelblaar (Philenoptera violacea) is.

AfriForum moedig egter sy lede aan om inheemse bome te plant wat in hul spesifieke omgewing aard.

“Boomplantmaand bied die perfekte geleentheid om ’n blywende verskil in ons gemeenskappe te maak. Bome het egter deurlopende sorg nodig om tot voordeel van almal te floreer, en die AfriForum-tak in Reitz onderneem om hierdie sorg te verskaf. Ons is hier om te bly en het hoop vir die toekoms. Die bome is simbolies daarvan,” meen Nel.

Die tak moedig die gemeenskap aan om deurgaans inheemse bome in hul dorp te plant en van ’n groener toekoms deel te wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.