Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Boogskuts wys hul vernuf
  • Vyf lede van die Maluti-boogskietklub het hul vernuf in die Suid-Afrikaanse boogskiet-vereniging (Saba) se Vrystaatse kompetisie gewys.

Dié byeenkoms is op Saterdag 31 Augustus op die plaas Cyfer­fontein naby Senekal aangebied.

Skuts van Welkom, Senekal en Steynsrus het ook meegeding. Vier van die Maluti-boogskietklub se skuts het medaljes verwerf.

Janno Kriel het in die junior seunsafdeling (gr. 4 tot gr. 7) ’n silwermedalje gewen. In die toekomstige junior afdeling vir meisies (gr. 1 tot gr. 3) het Christon Kriel ’n goue medalje behaal.

Drikus Wessels het vir tradisionele boogskiet ’n silwermedalje gewen. In die veld-afdeling vir senior mans het Francois Herbst ’n brons­medalje verwerf. Corné Kriel het ook aan die byeenkoms deelgeneem.

Belangstellendes kan Francois Herbst van die Maluti-boogskietklub by 084-840-7760 bel, of Ernst van Rensburg van Saba in Senekal by 082-824-2354.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.