Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Broodpoeding heerlik, warm of koud

Probeer dié Super-Sure-brood-en-botter-poeding vir ’n vinnige en smaaklike happie.

Bestanddele:

  • 55 g botter (kamertemperatuur)
  • 10 snye Super-Sure- wit- of bruinbrood, skuinsoor die sny in 2 driehoeke gesny
  • 1/2 koppie pitlose rosyne
  • 1/4 teelepel neutmuskaat
  • 1/4 teelepel kaneel
  • 1 ½ koppie melk
  • 1/4 koppie room
  • 2 groot eiers
  • 4 eetlepels witsuiker
  • 1 teelepel vanielje-ekstrak

Metode:

Verhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 1-liter-oondbak met ’n bietjie van die botter.

Smeer die res van die botter aan een kant van die brood­driehoeke. Bedek die boom van die bak met oorvleuelende driehoeke brood met die botterkant na bo.

Sprinkel die helfte van die rosyne eweredig daaroor, en dan ’n bietjie neutmuskaat en kaneel.

Herhaal hierdie laag nog ’n keer of totdat die bak vol is. Eindig met die rosyne bo-op.

Verhit die melk en room in ’n kastrol, maar moenie laat kook nie. Hou eenkant.

Klits die eiers met drie eetlepels suiker en die vanielje totdat dit lig en lugtig is. Giet die warm melkmengsel nou stadig by die eiermengsel in en klits totdat al die melk bygevoeg is.

Giet die warm mengsel stadig oor die brood totdat al die vloeistof bygevoeg is.

Druk die brood ligweg met die agterkant van ’n lepel sodat alles deur die melk-en-eiermengsel bedek word. Sprinkel die oorblywende lepel suiker bo-oor en laat staan vir 30 minute. Bak die poeding in ’n voorafverhitte oond (180 °C) vir 40 tot 45 minute, of totdat die oppervlak mooi goudbruin en die eiermengsels goed geset is. Bedien warm.

Wenk: Broodpoeding is ook heerlik koud – ideaal vir ’n kosblik!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.