Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bybelvasvra vier sy 40ste jaar

Die Bybelvasvrakompetisie vir laerskoolleerlinge, een van die Rapportryerbeweging se nasionale projekte, vier vanjaar sy 40ste bestaansjaar.

Vier plaaslike spanne het op Dinsdag 21 Mei aan die eerste ronde deelgeneem.

Een junior en een senior span van die Charlotte Theron-kinderhuis, een senior span van die Laerskool Truida Kestell en een senior span van die Caritas-kollege het deelgeneem.

Die tweede ronde van die kompetisie vind in Augustus plaas waarna die tien beste senior spanne van oor die land heen van 18 tot 20 Oktober aan die eindronde by die ATKV-oord in Hartenbos deelneem.

Die junior afdeling is ingestel om te help om die jonger kinders lus te maak vir die Bybelvasvra. Leerlinge in gr. 4 en gr. 5 kan deel van ’n junior span wees.

Volgens dr. Eben von Well van die Rapportryerskorps in Bethlehem is hul vraestel makliker en die vraestel bestaan net uit drie afdelings.

Die beste junior span in die land sal met ’n kontantprys van R1 000 en ’n spesiale sertifikaat beloon word. Die spanne wat tweede tot vyfde eindig sal ook spesiale sertifikate ontvang. Al die ander spanne sal deelname-sertifikate ontvang.

Die senior afdeling bestaan uit leerlinge in gr. 6 en gr. 7 en hul vraestel bestaan uit ses afdelings.

Die totaal van die eerste en tweede rondes van die kompetisie word gebruik om die tien top seniorspanne in die land te bepaal. Dié tien spanne ding dan in die eindronde mee.

Die Dameskring en ATKV se plaaslike takke het die Rapportryerskorps van Bethlehem bygestaan met die koördinering van die aktiwiteite tydens die eerste ronde.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.