Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Clarens vier Switserse band

“Saam is ons sterker en kan ons doen wat ons nie op ons eie kan doen nie,” het Laurent Wehrli Saterdag (04/08) met die vieringe van die Switserse nasionale dag gesê.

Wehrli is die burgemeester van Montreux, die munisipale gebied waarin Clarens in Switserland geleë is.

Clarens in die Oos-Vrystaat is na die Switserse Clarens genoem nadat pres. Paul Kruger enkele weke in Switserland gewoon het voordat hy op 14 Julie 1904 daar oorlede is.

Benewens die geskiedkundige verbintenis is die Switserse Clarens ook by werkskepping in die plaaslike Clarens betrokke.

Die Gesamentlike Kerke in Aksie- (CCIA) stigting het besluit om die hoë werkloosheidsyfer in die gemeenskap aan te pak en het bydraes van die tweelingdorp ontvang. Die Switserse ambassadeur in Suid-Afrika, Helene Budliger Artieda, wou kom kyk wat in Clarens aangaan en die CCIA het besluit om daarvan ’n feesgeleentheid te maak.

Meer as 60 stalletjies het handgemaakte en plaaslike produkte verkoop.

Verskeie optredes deur onder meer die Laerskool Clarens en die Christelike Skool Dihlabeng is gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.