Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Coetzer in Bhm te sien
Chris Coetzer
Venitia Rose
Greunen Paker

Chris Coetzer is sinoniem met Suid-Afrika se Drie Tenore.

Coetzer sing reeds van kindsbeen af as solis.

Hy is bekend vir sy geestelike sang sowel as “Golden Oldies” wat mense se hartsnare roer.

Hy het ook al op televisieprogramme soos Noot vir Noot, Pasella en Binnelanders verskyn.

Coetzer het reeds vele albums die lig laat sien.

In Junie is sy CD, Tydloos 2, in die Staatsteater in Pretoria bekend gestel en met ope arms ontvang.

Coetzer se Kerssang-DVD-en-CD-kombinasie beeld ons Verlosser Jesus Christus se geboorte as ’n waardering van die Skepping uit, en van liefde en lewe wat gratis aan ons gegee is.

Sy klassieke aanslag bied gehore die geleentheid om die siel te voed met musiek en lirieke wat weer sin aan ons lewe gee.

Hy bied graag praktiese sang- en verhoogpersoonlikheidsopleiding aan jong opkomende kunstenaars aan.

Sy studente tree jaarliks in Swede en Namibië op.

Coetzer gaan in Desember 2016 en in April 2017 Swede, Italië, Denemarke en Nederland besoek en daar optree. Hy toer sedert 2002 na Europa.

Met Coetzer se optrede op 6 November by die NG Môrelig-gemeente in Betlehem, sal twee van sy studente, Venitia Rose en Greunen Paker, in die Kerssangprogram deel.

Dié gedenkdiens van Sy geboorte beloof om ’n ervaring van liefde en vrede met ons Redder Jesus Christus te wees.

Meer oor:  Musiek  |  Vrystaat  |  Tenoor  |  Bethlehem  |  Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.