Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Covid-19 eis Mantsopa se munisipale bestuurder

’n Munisipale bestuurder van die Vrystaat het op 2 Mei in Bethlehem aan Covid-19 gesterf.

Mamsie Tsoene, uitvoerende burgemeester van die Mantsopa-munisipaliteit, het gesê die 55-jarige Thamae Masejane was sedert 12 April in die Hoogland-Mediclinic in die dorp.

Sy dood kom te midde van kommer oor die stygende Covid-19-syfers in die Vrystaat.

Thembeni Nxangisa, Vrystaatse LUR vir same­werkende regering en tradisio­nele sake, sê dit is die eerste munisipale bestuurder in die provinsie wat aan Covid-19 dood is.

Lucky Phooko, burgemeester van Kroonstad, is vroeër dood, terwyl nog sewe raadslede van verskillende Vrystaatse munisipaliteite ook weens Covid-19 gesterf het.

Masejane is in Bethlehem gebore en het daar grootgeword.

Hy was ongetroud, maar het wel kinders en susters wat in Bethlehem woon.

Hy is in Augustus 2017 vir ’n tydperk van vyf jaar as muni­sipale bestuurder aangestel.

Masejane was ook voorheen direkteur vir korporatiewe dienste van die Vrystaatse Setsoto-munisipaliteit.

Tania Halse, DA-raadslid, het die party se medelye met die familie uitgespreek.

Die DA het ook gevra dat ’n nuwe munisipale bestuurder so gou moontlik in sy plek aangestel word.

Die Mantsopa-munisipaliteit se geldsake is in ’n haglike toestand.

  • Masejane se begrafnis is Saterdag (08/05) in die Bethlehemse stadsaal gehou.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.