Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Covid-19 tref streek

Die eerste Covid-19 geval in die Oos-Vrystaat is bevestig.

Die Mediclinic Hoogland het Vrydag (27/03) bevestig dat die eerste pasiënt met Covid-19 by die hospitaal opgeneem is.

Die pasiënt, ’n boer van Harrismith, het op 19 Maart ’n boereverenigingvergadering bygewoon, onwetend dat hy die virus onder lede het.

Sy vrou en dogter het ook positief vir die korona­virus getoets.

Mediclinic het voorsorg getref om pasiënte wat positief vir die virus toets te versorg en te voorkom dat die geriewe besmet word.

Die pasiënt word nou in ’n geïsoleerde eenheid versorg, waar gekwalifiseerde verpleegpersoneel na hom omsien.

Boere van die Harrismith-distrik word gemaan om op te let na simptome van Covid-19.

Mediclinic doen ’n beroep op die gemeenskap om voorsorg te tref rakende die verspreiding van die virus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.