Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dankie aan ‘engele’

Twee van my vriendinne het boeke oor engele geskryf. Ek was maar skepties.

Nou glo ek vas dat daar wel engele in Bethlehem bestaan.

Ons woon in Hermanus. My man, Francois Hofmeyr, het onlangs as tandarts afgetree. Ons het besluit om deur die land te toer en op ons skof na die Suidkus tref die ongeluk my. Ek val op Clarens se gholfbaan en breek my regterbeen se femur, en beland só in die Mediclinic Bethlehem.

My breuk is deur ’n operasie herstel. My hartlike dank aan die dokters, terapeute en personeel wat my so goed versorg het. Ek het nie genoeg woorde om my dankbaarheid en waardering uit te spreek nie. Ek ly aan engtevrees en wou net lug, lig en oop gordyne hê.

Daarom vra ek nederig om verskoning.

’n Liewe vrou het vir ons haar ma se huis in Bergprag aangebied om te herstel terwyl haar ma met vakansie was.

Laaste, maar nie die minste nie: Die engele van Tarentaallaan in Bergprag wat ons met soveel liefde versorg en in al ons behoeftes voorsien het.

Hul voorwaarde was dat hul name nie genoem mag word nie. Julle weet wie julle is. Julle word hartlik genooi om by ons in Hermanus te kom kuier; dan kan ons julle soos engele ontvang.

My opregte dank en goeie wense aan u almal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.