Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dankie vir omgee

Leandra de Coning, bestuurder van die Salileni-dagsorgsentrum in Bethlehem:

Eerstens wil ek aan Pam van der Westhuizen, een van ons bestuurslede, hulde bring. Sy is in Oktober oorlede.

Pam was ’n wonderlike vrou en het altyd haar kant met grasie gebring. waar die skool haar nodig gehad het.

Sy het ’n sonnige geaardheid gehad, en die bestuur, personeel en lede gaan haar baie mis.

Baie sterkte aan haar familie in hierdie tyd van hartseer.

Dan wil Salileni ons arms uitstrek en die publiek van Bethlehem bedank vir die liefde wat ons daagliks van julle ontvang.

Dankie vir elke skenking van klere en kos.

Dankie vir elke besoek en koppie tee wat ons saam met die omgee-liefkry-deernisvolle mense van Bethlehem kon drink.

Dankie vir elke gebed wat julle vir ons bid. Dankie vir elke mooi woord van bemoediging.

Dankie dat ons die pad saam met julle kan stap en dat ons skool met trots kan sê: “Ons is ook deel van Bethlehem – die dorp wat omgee.”

Salileni wens elkeen ’n geseënde Kersfees toe, en ’n voorspoedige 2019.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.