Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
DBV trek nou swaar

Al hoe meer troeteldiere word weens die staat van inperking by die DBV en diereskuilings afgelaai omdat hul eienaars nie meer na hulle kan omsien nie.

“Weens ’n verlies aan inkomste kan dié mense nie meer vir hul diere sorg nie,” sê Meg Wilson, woordvoerder van die Nasionale Raad van Dierebeskermings­verenigings (NRDBV), aan Netwerk24.

Wilson sê wanneer daar ’n geldelike of ekonomiese krisis is, word meer diere afgestaan.

“Die DBV mag geen dier wegwys nie en sal vir die dier plek maak.”

Marius Dreyer, bestuurslid van die DBV in Bethlehem, het die werklikhede van die organisasie se dag-tot-dag-werking met Vrystaat Nuus/Newsgedeel.

“Ons werkers kom om 08:00 in om 36 hondehokke skoon te maak en die honde kos te gee,” begin Dreyer verduidelik.

“Ons het ook agt kat­hokke, asook kampe waarin plaasdiere is waarop die polisie beslag gelê het. Hulle word hier gehou totdat die eienaars opgespoor word.”

Volgens Dreyer werk een personeellid in die kantoor en een inspekteur en vier werkers op die terrein.

“Ons kry geen staatshulp nie en is dus afhanklik van die publiek en besighede om voort te bestaan.

“Maandelikse uitgawes soos vir petrol, salarisse, skryfbehoeftes en krag word nooit minder nie.

“Ons werk ook in omliggende dorpe waar daar nie ’n DBV-tak is nie.”

Dreyer sê die Bethlehem-tak kry baie swaar, aangesien die staat van inperking geldinsamelingsprojekte gekelder het.

Die DBV hier se veeartsrekening is tans R22 000.

  • Lesers wat die DBV wil ondersteun, kan die kantoor by 058-303-3998 kontak.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.