Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Definieer jou omstandighede

“Jou omstandighede definieer jou nie, jy definieer jou omstandig­hede.”

So het Mathys Roets, wat destyds ná ’n motorfietsongeluk verlam is, Donderdag (13/02) by ’n kongres waarop hy die sanger en spreker was, gesê.

Hy was as kind nie die beste sportman nie, maar het sy kitaarlesse in Bethlehem geniet, drome gedroom en nooit gedink sy groot droom, om met musiek ’n bestaan te maak, sou waar word nie.

Ná sy ongeluk het hy baie oor sy verlede gedink. Hy het nooit kon dink hy sou weer kon droom en dié drome bewaarheid nie.

Sy omstandighede het verander, maar die mens wat hy was en vandag is, het nie.

Hy het vertel van naweke dat hy as student tot bo-op die eskarp gaan stap en die waterval gesien het. Hy kon bekende bakens sien en so ampertjies Reitz, sy grootworddorp.

Hy het geweet hy sal nooit weer daardie paadjie kan stap nie, maar het nooit kon dink hy sal weer op die eskarp kan staan nie. Dit het hy gedoen met behulp van ’n vierwielmotorfiets en ’n makliker roete wat gery kon word.

’n Bethlehemiet wat ernstig in ’n motorongeluk beseer is en permanente skade aan haar stembande opgedoen het, Isabel Ferreira, het ná afloop van die kongres gesê Mathys se woorde het haar diep geraak. Miskien kan sy eendag ook weer sing.

Sy gaan haar omstandighede definieer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.