Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die Here is altyd by jou

Dink daaraan dat die Here altyd by jou is, dit maak nie saak waar jy gaan nie.

Dawid omskryf hierdie teenwoordigheid van die Here breedvoerig as hy in Psalm 139:7-10 sê:

Waarheen sou ek gaan om U Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan U teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei U hand my, hou U regterhand my vas.

Indiaanse seuns word op 13 jaar as ’n volwassene by hul stam ingelyf.

Die inlywingseremonie behels die volgende: die seun word in die donker nag na ’n afgeleë plek geneem.

Daar moet hy die hele nag alleen bly. Stoksielalleen met al die naggeluide wat hy in hierdie plek kan hoor en hom kan bangmaak.

Die hele nag sit die jong seun bevrees daar.

Wanneer die son opkom, sien hierdie jong seun egter dat ’n volwasse Indiaan nie ver van hom staan nie en dit is gewoonlik ook sy pa.

Sy pa was die hele nag by hom.

God is só by ons. Hy verloor ons nooit uit die oog nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.