Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Die Here is altyd naby

(Filippense 4:5)

Bekommernis is deel van ons lewe. Baie mense het vele bekommernisse, en bekommernis kan aan ’n mens vreet.

Die bekommerde mens leef nie asof die Here Jesus naby is nie.

Mense wat regtig weet dat die Here, aan wie alle mag in hemel en op aarde behoort, by hulle is, het geen rede vir kwelling nie.

As die nabyheid van die Here besef word, sal daar juis in moeilike omstandighede ’n rustigheid en kalmte wees.

Hierdie nabyheid van die Here is immers ’n kragveld wat elke omstandigheid hanteerbaar maak.

’n Anonieme gediggie stel dit treffend:

Overheard in an orchard

said the robin to the sparrow,

“I should really like to know

why these anxious human beings

rush about and worry so.”

Said the sparrow to the robin,

“Friend, I think that it must be

that they have no heavenly Father

such as cares for you and me.”

Onthou elke dag dat die Here naby jou is en baie meer vir jou sorg as wat jy ooit kan besef. Hy is so naby aan jou soos jou skaduwee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.