Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dié rose skrik nie vir droogte, hitte

Eers was daar die natuurlike siektebestande “eco chic”-rose, en nou konsentreer kwekers op rose wat hitte en droogte makliker kan verdra.

Dit is rose met sterk blaargroei en kragtige wortels wat die plant se stamina opbou ??om verander­like weer en onreëlmatige reënval te weerstaan. Die leeragtige blare is ook siektebestand.

Die rose-produsent Ludwig Tasch­ner noem dit stamina-rose, en sê hy hou daarvan omdat dit langstam-snyblomme vir die huis lewer.

Dit het ruimte nodig omdat dit groot struike van tot 1 m hoog of meer word. Dit beteken dat slegs twee of drie in ’n klein tuin nodig is vir ’n skouspelagtige voorkoms.

Vir dié wat verskeur is tussen ’n liefde vir rose en die begeerte na ’n watervriendelike tuin, is stamina-rose ’n goeie opsie.

Plantwenke

Maart tot Mei is ’n goeie tyd om rose te plant. Dit gee die rose kans om te vestig en selfs een keer voor die winter te blom. Teen die lente is dit gereed om wonderlike bosse blomme te lewer.

Om ’n roos in goed voorbereide grond te plant, lê die grondslag vir 20 jaar se goeie groei.

Grawe ’n gat van sowat 30 cm, plaas die los grond eenkant.

Maak die grond onder in die gat los (nog sowat 20 tot 30 cm).

Meng die kompos, kunsmis soos Vigorosa of Vigolonger (’n beheerde vrystellende kunsmis en organiese materiaal (soos grondboontjiedoppe of basstukke) in die boonste los grond wat opsy gesit is, in.

Skep dit terug in die gat en maak goed nat sodat dit die volgende dag nog klam en gereed vir plant is.

Wanneer jy plant, maak seker dat die okuleerlas van die roos (die verdikte deel van die basis) net onder die oppervlak van die grond is. Lei goed nat nadat dit geplant is.

Voorbeelde van stamina-rose

) Fordyce was die eerste stamina-roos. Dit is genoem na die gevierde Comrades-atleet Bruce Fordyce. Hierdie uiters taai roos maak groot, geurige, romerige wit blomme, fyn gekant met pienk. Die roos groei tot skouerhoogte.

) Remember me val tussen ’n formele hibriedtee-variëteit en die struikroos wat tot op skouerhoogte groei. Die pienk blom bevat skakerings van mistige grys en oker in die middel, en die blom ontwikkel van ’n spitse hibriedtee-knop tot ’n volle blom met aangevulde kroonblare.

) Vesta het soet, geurige tweekleurige blomme van room- en koraalkleur wat tot ’n 1 m hoë en 2 m wye bos groei. Die groot, goed gevormde hibriedtee-blomme word aan medium-lengte, plukbare stamme gelewer. Groepeer plante saam en plant in ’n bedding vir maksimum trefkrag. Dit is ook geskik vir ’n groot pot.

) Nelson Mandela is ’n vurige oranje-rooi floribunda wat in ’n statige bos groei. Dit is bedek met blink, donkergroen blare wat die groot semi-dubbele blomme vertoon. Dit kan op sy eie as ’n fokuspunt in ’n tuin staan ??en is ideaal vir die plant as ’n skerm of om ’n onaantreklike muur of heining te verberg.

) Turning pointis ’n aansienlike struik, met groot en vol dieppienk blomme wat lank hou en effens geurig is.

) Clocolan groei sonder enige spesiale sorg in ’n bors-hoogte struik wat voortdurend groot blomme met ’n mooi bekervorm lewer. Die blomme word op plukbare stamme op groot kroonkandelare gedra, sowel as op korter systingels regoor die kragtige struik. Die blomme is ’n diep goue appelkooskleur.

  • (geel) is albei sonder-fiemies-floribundas wat kragtig is en vry blom. Dit groei tot skouerhoogte – ’n sterk mededinger vir icebergs as dit by grootte en groeikrag kom. Dit funksioneer goed in beddings, as ’n blomheining en in groot houers.

Alice Coetzee, Netwerk24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.