Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dié winkels ’n unieke konsep

VKB Foods was uiteindelik ’n eenvoudige antwoord op ’n komplekse strategiese vraag waarmee die VKB-groep gekonfronteer is.

Dit was die oplossing om ’n kommoditeit te neem, van waar dit op die plaas geproduseer is, na die tafel van elke verbruiker in Suid-Afrika – natuurlik so ekonomies as moontlik.

Ten einde die proses ten volle te optimaliseer, moes ons poog om soveel as moontlik skakels in die waardeketting van die produkte te besit en te bestuur: van waar die produk geproduseer en bekom word, deur die vervaardigings- en verwerkingsproses, tot waar dit uiteindelik aan ’n tevrede klant beskikbaar gestel word. Sodoende het ons volle beheer verseker oor die gehalte van die produk.

Dié onderneming was vir die VKB-groep ’n reis wat die groep omskep het – van ’n trotse landboukoöperasie na ’n dinamiese landbou-onderneming wat ten volle geïntegreerd is in die waardeketting van die produkte wat in ons bedieningsgebied geproduseer word.

Die groep is nou die tuiste vir voortreflike leier-handelsmerke wat die vertoonvenster van die strategiese visie saamvat.

Die kernprodukhandelsmerke van die VKB-groep is Grain Field Chickens, Magnifisan en Super-Sure, almal produkte van voortreflike gehalte, wat teen uiters mede­dingende pryse direk aan die publiek aangebied word deur die VKB Foods-handelswinkels.

Grain Field Chickens, ons vlagskiphandelsmerk, verteenwoordig ’n reeks bevrore en vars hoender, meestal geproduseer op plase in die Oos-Vrystaat.

Die Magnifisan-handelsmerk verteenwoordig ’n verskeidenheid produkte, maar meer prominent is die Super Maize Meal wat deur VKB Milling geproduseer word.

Die Super-Sure-reeks sluit onder meer wit- en bruinbrood in, maar word gekomplementeer deur ’n reeks brood- en koekmeelprodukte wat by VKB Flour Mills geproduseer word.

Om die visie ten volle te ver­wesenlik, is die eerste VKB Foods-winkel op 21 Januarie 2016 in Sasolburg geopen. Met ’n vars handelsmerk het ons die mark die stryd aangesê en verder ook ons inhuisreeks aangevul met bekende en betroubare nasionale handelsmerke om waarde tot die algehele aanbod aan die eindverbruiker toe te voeg. ’n Tweede winkel is op 26 November 2016 in Bethlehem geopen.

Die VKB Foods-handelsmerk is nou reeds drie jaar oud en ons is steeds in die proses van uitbreiding, met nuwe winkels wat in Limpopo geopen is. Daar is reeds nog ’n aantal in die beplanningsfase vir die toekoms.

Ons sien daarna uit om u in ons VKB Foods-winkels te verwelkom.

Jan van der Walt

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.