Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dié wolk nie ’n seën in planttyd
VrystaatKroon Kommentaar
VrystaatKroon Kommentaar
VrystaatKroon Kommentaar

Die afgelope maand se vlaag van grumoorde op plase in die Vrystaat laat sekerlik talle mense met koue rillings en algehele wanhoop in die regstelsel.

Hoeveel keer moet organisasies en politieke partye die regering op die slagting van ons boere attent maak voordat hulle sal ingryp?

Elke liewe landsburger, goed of sleg, is van boere afhanklik om te oorleef – terwyl ’n handjievol boosdoeners hulleself verhewe bo menselewe ag.

Beskuldigdes stap glimlaggend en vol bravade die howe in. Uittartend, terwyl mense een ná die ander afgemaai word.

Een beskuldigde in die Hennenman-moordsaak het Saterdag (07/11) besluit om homself in sy tronksel te hang.

Die situasie is lankal buite beheer en steeds is geen planne ingestel nie.

Daar word nog angstig op die minister gewag om sy plan van aksie te deel oor hoe hy plaasmoorde gaan hokslaan. Angswekkend, dié gewag, veral omdat ons almal weet tyd is ’n faktor.

Landboukundiges voorspel ’n goeie seisoen vir saaiboere. Rekord-oeste vir die meeste somergewasse word verwag.

Dag en nag word bloed gesweet om die plantproses aan die gang te kry. Boere in die Vrystaat het sedert Oktober goeie reën ontvang, en in party streke word daar reeds geplant.

Dít terwyl die donker wolk van ongeregtigheid oor die bedryf se kop hang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.