Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Diens bereik nuwe hoogtes

Die Vrystaatse departement van gesondheid se nooddienste het Sondag (03/02) ’n helikopter in Bethlehem in gebruik geneem.

Die helikopter verskil van die vorige een in grootte en vorm.

Volgens Hein Raath, vlieënier vir Halo Aviation, het die Bell 222-helikopter ’n reikafstand van sowat 650 km en dit kan teen 230 km per uur vlieg.

Die hoofsetel van die helikopter sal Bethlehem wees, maar dit sal dienste verskaf aan die hele Oos-Vrystaat en noordelike dele van die Fezile Dabi-distrik.

Die kontrak is vir drie jaar met Halo Aviation gesluit, met sy hoofkwartier by die Lanseria-lughawe.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement van gesondheid, sê die toevoeging sal die gesondheidsdienste aansienlik verbeter, omdat dit die spesialis- en doktersuitreikprogramme sal ondersteun.

Dié helikopter kan twee pasiënte gelyk vervoer, saam met die nooddiensspan.

Die helikopter is verder toegerus met gevorderde lewensondersteuningstoerusting.

Mvambi sê dié helikopter sal slegs in die dag gebruik word om na ongelukstonele of noodgevalle te vlieg of pasiënte te gaan haal, of om spesialiste van die hospitaal na ongelukstonele of ander hospitale waar nood is, te bring.

Die helikopter sal ook gebruik word om gevalle waar gekompliseerde swangerskappe is, te bereik.

“Dit sal ondersteun word deur ’n helikopter van Bloemfontein vir noodgevalle in die aand,” sê Mvambi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.