Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Diere soek huis

Die DBV se Bethlehem-tak het sowat 60 honde en tien katte wat op soek is na liefdevolle eienaars.

Voordat ’n dier aangeneem kan word, maak die DBV seker dat die dier in ’n tuiste met goeie omstandighede geplaas word, sê Erna Nel, hok­bestuurder.

“Ons doen huisbesoeke om te verseker dat die dier na ’n goeie huis gaan waar hy versorg sal word.”

Dit kos R850 om ’n hond aan te neem en R550 vir ’n kat. Dit dek slegs die veeartskoste vir sterilisering, inspuitings en ontwurming.

Volgens Corlene van der Merwe, voorsitter van die DBV se komitee, vind dieremishandeling grootliks in die omliggende klein dorpies plaas.

“Ons hoor van baie diere wat aan kettings gehou word – selfs skilpaaie. Baie mense hou ook skilpaaie sonder permitte aan.”

Die DBV doen ’n beroep op mense wat van sulke gevalle weet, om dit aan te meld sodat die inspekteur die saak kan ondersoek. Die DBV is grootliks afhanklik van skenkings van die gemeenskap en het ’n paar geldinsamelingsprojekte.

  • Diegene wat vir die vakansie weggaan en blyplek vir hul troeteldiere soek, kan van die vereniging se losieshokke gebruik maak. Dit kos R60 per hond en R50 per kat.
  • Die DBV verkoop Kerskouse wat met lekkernye vir diere gevul is. Dit kos R80 per kous.

Lootjies vir twee geluks­trekkings kan gekoop word. Een prys is ’n vakansie vir vier mense aan die Suidkus. Die ander prys is ’n skildery wat spesiaal vir die DBV geskilder is. Dit kos R50 per kaartjie of R100 vir drie kaartjies.

Die DBV se grootste behoefte is produkte soos kos vir babahondjies en -katte, lei­bande, melk, seeppoeier, katsand en skoonmaakmiddels.

Met die feestyd om die draai, doen die DBV ’n beroep op lede van die gemeenskap om te dink voordat hulle klappers skiet.

“Die diere kry swaar. Hulle gehoor is skerper as mense s’n. Ons kry elke jaar ’n groot aantal diere in ná Nuwejaar,” sê Van der Merwe.

Skakel 058-303-3998 of 062-672-7575 vir meer inligting.

) Vrystaat Nuus/News en MalutiFM 97.1 gesels elke Vrydag om 07:45 regstreeks met ’n organisasie in die Oos-Vrystaat wat ’n verskil in die samelewing maak. Stuur ’n e-pos na martinette.hay@­volksblad.com indien jy van so ’n organisasie weet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Vrystaat Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.