Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Doen jou deel op pad

Minstens 19 mense is sedert Vrydag (01/03) in drie af­sonderlike ongelukke op paaie in die Vrystaat dood.

In een ongeluk waarin 13 mense oorlede is, het ’n voertuig vermoedelik ondanks ’n soliede streep verbygesteek en reg van voor teen ’n minibustaxi gebots. ’n Tweede taxi het toe vermoedelik in die eerste een vasgery.

In nog ’n ongeluk is vyf mense dood nadat die bestuurder van een voertuig glo beheer oor die voertuig verloor het.

In ’n derde ongeluk is ’n 12-jarige seun op die toneel dood nadat die motor waarin hy gereis het, omgeslaan het.

Ek bevind myself ook dikwels skuldig daaraan dat ek haastig is en vinnig by my bestemming wil uitkom.

Hierdie ongelukke laat my weer besef dat dit lewens spaar wanneer ’n mens net geduldig is en miskien ’n paar sekondes langer neem om ’n ander voertuig verby te steek.

Gaan jou voertuig se padwaardigheid gereeld na om seker te maak dat bande, remme en so meer in orde is.

Maak seker jy kry genoeg slaap voordat jy die lang pad aandurf.

Klein dade kan miskien jou lewe red.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.